0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (4)
  • R250 - R500 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 5 of 5 matches in All Departments

Hart Van Goud (Afrikaans, Paperback): Didi Potgieter Hart Van Goud (Afrikaans, Paperback)
Didi Potgieter
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Op die oog af lyk dit of daar niks is wat Stella Smith nie kan doen nie. Sy kan dans met ʼn skinkbord vol drankies, haar stempel afdruk as sy saam met ’n gewilde country groep sing, ʼn lekkende kraan en stukkende pyp regmaak, blomme rangskik en selfs kerkorrel speel. Daar is egter iets wat sy nie kan doen nie: om normaal op te tree as Kyle White in die vertrek is.

Kyle het sy toekoms en sy loopbaan deeglik beplan. Hy is op pad San Francisco toe. Daar sal hy nie net die seun van ’n goewerneur wees nie, maar ʼn talentvolle argitek in eie reg.

Ridgeway is net ʼn vinnige stop voor dan, maar die ongelooflike sexy kroegmeisie Stella maak gevoelens in hom wakker en krap sy planne deurmekaar.

Hoe Om 'n Hart Te Steel (Afrikaans, Paperback): Didi Potgieter Hoe Om 'n Hart Te Steel (Afrikaans, Paperback)
Didi Potgieter
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Binne ‘n kwessie van ‘n dag val Milan se lewe uitmekaar en verloor sy alles. Teensinnig moet sy Albert du Randt se hulp aanvaar. Sy is egter moeg daarvoor dat mans haar boelie, en Albert is juis die soort man wat daaraan gewoond is om te kry wat hy wil hê. Boonop is hy net te diep gewortel in die verlede waarvan sy graag wil wegkom.

Albert se lewe is netjies en agtermekaar en hy het reeds die ring gekoop vir iemand wat uitstekend daarin pas. Maar die loskop Milan maak dinge in hom wakker wat eerder slapend moes bly. Toe Milan in die tuinwoonstel op sy erf intrek, help dit ook niks om die effek van haar liggaam op sy sintuie te verdoof nie.

Die vonk tussen hulle word vinnig ‘n vuur, en Milan wonder of sy ooit ‘n man soos Albert se hart sal kan steel.

As Dit Voel Soos Liefde (Afrikaans, Paperback): Didi Potgieter As Dit Voel Soos Liefde (Afrikaans, Paperback)
Didi Potgieter
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) In Stock

Dis of sy vir die heel eerste keer kan vóél …

Terwyl Natasha haar huwelik probeer ontbind, klou haar ontroue man onverwags daaraan, beslis nie omdat hy skielik ontdek het hy het haar eintlik lief nie.

Saam met die stuiptrekkings van hierdie huwelik, verskyn ’n ander komplikasie in haar lewe: ’n man wat sy vier jaar gelede op haar wittebrood gesien het en nooit kon vergeet nie. Nooit, ooit sal sy haar weer in ’n huwelik begewe omdat dit die regte ding is om te doen nie, neem sy haar voor, of om iemand anders te behaag.

Dit kos haar egter nie juis oorreding om Marc daarvan te oortuig nie. Hy glo trouens glad nie in die huwelik nie, en omdat hy so dikwels vir sy werk in Londen moet wees, is dit nie eens ’n opsie nie.

Al twee weet hul fisieke aantrekkingskrag kan vir hulle net pyn bring. En al twee vind dit ewe moeilik om van mekaar af weg te bly. Toe gebeur daar iets wat hul lewe totaal omvergooi en hulle moet sterk staan in omstandighede wat nie een van hulle voorsien het nie.

Hart Van Papier (Afrikaans, Paperback): Didi Potgieter Hart Van Papier (Afrikaans, Paperback)
Didi Potgieter
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Tien jaar gelede in 'n kroeg in New York, het twee jong mans 'n muntstuk gegooi om tussen twee meisies te besluit. John het die stert en die brunette gekry, terwyl sy beste vriend die pragtige blondine, Kate, gewen het. Maar dit was Kate wat John se hart gesteel het, ten spyte daarvan dat sy met sy vriend getrou het.

Na haar mislukte huwelik, koop Kate die tweedehandse boekwinkel op 'n klein dorpie in die hoop om New York se stof finaal van haar voete af te skud. Dit vat egter een kersfees terug in die groot stad om dinge weer omver te gooi en ʼn spul ongewensde emosies oop te krap. John besluit om 'n einde aan jare se marteling te maak deur Kate op Ridgeway te gaan sien.

Wat hy egter nie besef toe hy vir die eerste keer by Next Chapter instap nie, is dat dit net die begin van die volgende hoofstuk is en dat die liefde nie voorgesê kan word nie.

Plus Een (Afrikaans, Paperback): Didi Potgieter Plus Een (Afrikaans, Paperback)
Didi Potgieter
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Lindi en Jaco is beste vriende. Jaco se sexy broer, Jan-Adriaan Theron, is egter van die opinie dat sy ‘n fortuinsoeker is wat sy broer om die bos probeer lei. Na Jan-Adriaan haar ‘n bevordering kos en haar dan boonop soen dat sy sterre sien, wil Lindi nóg minder met haar beste vriend se ouer broer te doen hê.

Wanneer Jaco ‘n besering opdoen, staan Jan-Adriaan in as Lindi se plus een vir haar sussie se troue in Namibië. Sy weet nie hoe sy haar ouers gaan laat glo sy hou van die man wat ‘n doring in haar vlees is nie. Die vonke spat behoorlik tussen hulle en Lindi val baie harder vir Jan-Adriaan as wat sy verwag.

Ongelukkig dink hy steeds sy is ‘n gewetenlose fortuinsoeker, veral omdat sy met oorgawe op sy liefkosings reageer die oomblik toe Jaco uit die prentjie is. Maar die hart bly soek na sy plus een, maak nie saak hoe hard daarteen baklei word nie.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Sony PlayStation 5 HD Camera (Glacier…
R1,299 R1,229 Discovery Miles 12 290
Cable Guys Controller and Smartphone…
R399 R349 Discovery Miles 3 490
Shield Fresh 24 Mist Spray (Vanilla…
R19 Discovery Miles 190
Ab Wheel
R209 R149 Discovery Miles 1 490
Docking Edition Multi-Functional…
R1,099 R799 Discovery Miles 7 990
Samsung EO-IA500BBEGWW Wired In-ear…
R299 R199 Discovery Miles 1 990
Bibby's - More Good Food
Dianne Bibby Hardcover R480 R340 Discovery Miles 3 400
Bug-A-Salt 3.0 Black Fly
 (1)
R999 Discovery Miles 9 990
Casio LW-200-7AV Watch with 10-Year…
R999 R884 Discovery Miles 8 840
Death And The After Parties - A Memoir
Joanne Hichens Paperback R267 Discovery Miles 2 670

 

Partners